Alles van Elsje en JD se troue was so mooi liefdevol en sag. Elsje het die mooiste glimlag en dit het sommer ‘n ekstra sprankel in die foto’s weerspieel. Diamant Estate is so ‘n besonderse venue en die perfekte lig het ‘n tikkie goud by die son gevoeg. JD en Elsje, julle is pragtig! Geniet elke oomblik van jul nuwe lewe saam en onthou om altyd te fokus op die mooi eienskappe in mekaar, geniet die kiekies!